Welkom by Tuisonderrig !

Aangesien julle seker reeds al op 'n hele paar ander webtuistes oor tuisonderrig afgekom het, sal ons sommer begin deur hier vir julle te vertel waarom ons dit goedgedink het om NOG een op te rig. (Terloops, van hier af kort ons "tuisonderrig" af na "TO".)

 

Sosialiseer

Baie tuisonderrigters vind dit moeilik om genoeg (sinvolle) sosialisering vir hul kinders te reël.


Ons poog om sake bietjie te organiseer deur 'n Facebook blad spesifiek vir sosialisering, sowel as 'n naamlys. As jou gegewens op die naamlys is, kan ons jou per area, kinders se ouderdomme en ander voorkeure op hoogte hou van sosialiseringsgeleenthede. Hierdie naamlys administreer ons deur Mailchimp, sodat dinge ordelik verloop en jy nie gemorspos kry of nie-relevante info nie.


Dan is daar ook 'n kalender, spesiaal vir sosialiseer. Hier kan jy in een oogopslag sien watter geleenthede is wanneer en waar. Jy kan selfs jou eie, of geleenthede waarvan jy weet, gaan voer op die kalender.

 

Aktuele tuisonderrig sake

Op ons Facebook groep kan jy saam gesels oor dinge wat ons almal wat TO, raak.

Weereens, daar is BAIE Facebook groepe vir TO. Ons lê egter klem op, of neem deel uit 'n ander hoek, wat betref die volgende onderwerpe :

  • die opvoedkundige beginsels wat jy van behoort te weet en wat jou sal inspireer om te TO ! Ons sal jou ook fassiliteer op die pad na suksesvolle TO.
  • skakeling met die Departement Onderwys. JA, ons weet dis maar frustrerend om met hulle te skakel, maar NEE, ons kan hulle nie wegwens nie. Goue middeweg dus...
  • Die Nasionale Kurrikulum - jou beginpunt vir sinvolle TO. (Let wel, BEGINPUNT, nie begin, middel en einde nie). Ons vat jou hand en help jou met lesvoorbereiding.
  • Beroepsgerigte onderwys - 'n kosbare geskenk aan enige kind. Ons sal jou wys wanneer, waar, hoe.
  • Studiemateriaal - kies self - ons wys jou hoe. Dit sluit tegnologiese oplossings in. (NEE, ons is nie agente vir enige verskaffers nie.)